MEER VAN ONS

 

Kiddiebooks is 'n vriendelike en kindergerigte besigheid wat fokus op die bevordering van lees en leer. Ek hou gereeld boekuitstallings by skole, kleuterskole en markte, waar ouers en kinders boeke van hoë gehalte kan ontdek en aankoop.

 

Benewens uitstallings bedryf ek ook 'n aanlyn besigheid, waar bestellings maklik geplaas kan word en kliënte 'n wye verskeidenheid kinderboeke kan deurkyk, kies en laat aflewer.

 

My doel is om leesgenot, ontwikkeling en geluk by kinders te bevorder deur bekostigbare, opvoedkundige en prettige boeke beskikbaar te maak.